Reggae-sanger Jimmy Cliff (81) oorlede

Lees ook :

Reggae-sanger Jimmy Cliff (81) oorlede fotokrediet: X

INTERNASIONAAL. – Die Jamaikaanse sanger, Jimmy Cliff, is in die ouderdom van 81 oorlede.

Lees ook: Leonora van den Heever – eerste vroulike regter in SA oorlede

Sy vrou, Latifa Chambers, het in ‘n plasing op Instagram aangekondig dat Cliff oorlede is nadat hy stuipe ervaar het en daarna longontsteking ontwikkel het. Sy het haar dankbaarheid teenoor sy familie, vriende, medekunstenaars en kollegas uitgespreek wat sy “pad saam met hom kon stap”.

Cliff het reggae-musiek bekend gemaak aan ‘n wêreldwye gehoor deur liedjies soos Wonderful World, Beautiful People en You Can Get It If You Really Want.

Hy het in 1972 ‘n rol in The Harder They Come gespeel – dit is bekend as die film wat reggae na Amerika geneem het.

Bronne: BBC, Daily Mail, The Sun

Lees ook: Leonora van den Heever – eerste vroulike regter in SA oorlede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief