Eskom sê Suid-Afrika kan ’n stabiele winter sonder beurtkrag verwag, met genoeg kapasiteit om in die vraag na elektrisiteit te voorsien. Eskom sê verbeterings het daartoe gelei dat die land reeds meer as 300 dae sonder beurtkrag is.
Dan Marokane, uitvoerende hoof van Eskom, sê die kragnetwerk is tans stabiel danksy verbeterde instandhouding en beter werkverrigting by kragstasies. Volgens Eskom het die betroubaarheid van die stelsel aansienlik verbeter, met minder onverwagte kragonderbrekings en ’n oorskot van sowat 6 gigawatt kapasiteit tydens spitsvraag. Die kragvoorsiener sê hy het ook sy afhanklikheid van diesel drasties verminder en miljarde rand bespaar, terwyl verbeterde bestuur en beplanning tot beter resultate gelei het.
Die maatskappy waarsku egter dat toekomstige energieprojekte betyds voltooi moet word om langtermyn-voorsiening te verseker, veral met die beplande oorgang na hernubare energiebronne.
Druk hier om meer te lees.





