Gekloonde polisievoertuig onderskep, verdagte vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ‘n Verdagte (44) is Dinsdag met ‘n komplete toegeruste en gemerkte gekloonde polisievoertuig in Walkerville in hegtenis geneem.

Kol. Noxolo Kweza sê die voertuig is tydens ‘n intelligensiegedrewe operasie by ‘n huis ontdek. Die polisie het op die volledig gekloonde polisiegemerkte Gauteng-hoofwegpatrollie Volkswagen Golf, ‘n wit VW Polo met blou ligte en sirene toegerus, ‘n gesteelde R5-geweer en ‘n polisieglimbaadjie, asook verskeie polisienommerplate beslag gelê.

“Die verdagte word moontlik met rooftogte in Gauteng verbind. Die polisie glo dat dié voertuie tydens vragmotorkapings en koeriervoertuigrooftogte gebruik is.”

Terwyl die ondersoek voortduur en nog inhegtenisnemings verwag word, sal die verdagte na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief