Geliefde seun met gewas sterf

Lees ook :

JP du Plooy (25) wat vier jaar gelede met ‘n breingewas gediagnoseer is, is Vrydag oorlede toe sy masjiene afgesit is, nadat hy twee dae lank in ‘n koma was.

Diagnose

JP, oorspronklik van Christiana was vanaf Woensdagmiddag ongeveer halfses in MediClinic Gariep in ‘n koma. Hy is vier jaar gelede met ‘n D-net breingewas gediagnoseer.

 Die gewas was volgens sy tannie, Jacorine Fourie nie kwaadaardig nie. “Die gewas kon nie uitgesny word nie omdat dit ingevleg was met die brein en dit dus sy lewenskwaliteit sou verslaag.”

JP se gewas was aan die kant waar sy emosies, sig en ledemaat-bewegings is, en sou ‘n operasie hom negatief geaffekteer het.

Vir die afgelope vier jaar was JP onder mediese behandeling by Dr Hugo van Bloemfontein en moes elke ses maand gaan vir ‘n breinskanderings om die groei van die gewas te monitor.

Terugslag

Teen Oktober 2018 het JP aansienlik meer gesukkel met hoofpyn en “slegte” dae. ‘n Brein skandering het die familie se grootste vrese bevestig; die gewas is besig om al hoe vinniger te groei.

Daar is besluit dat JP in April 2019 vir ‘n operasie sou gaan, omdat sy sig in sy linker oog heelwat verswak het. Volgens Jacorine het hy ook deurmekaar begin praat en soms met groot motoriese bewegings gesukkel.

Bykomende medikasie is voorlopig voorgeskryf tot die operasie.

JP gaan in ‘n koma

JP het die laaste drie weke baie agteruit gegaan en teen Woensdag middag, toe hy op die bank saam met sy ma, Maranette Myburg le, naar geraak. “Nadat hy opgebring het, en hy weer op die bank agteroor gaan le het, het my suster dadelik besef JP slaap nie net nie.

 Charlden Barns, ‘n werker op die plaas het Maranette gehelp om JP in die motor te laai en hulle het hopsitaal toe gejaag. Charlden het vir Jason Barns, sy broer en Maranette se vriend gekontak waarna hy die ambulans laaat kom het. Die ambulans het JP se ma en Charlden op pad hospitaal toe langs die pad gekry .

Jp is dadelik oorgelaai in die ambulans waar hulle hom dadelik geïnkubeer, omdat hy alreeds swak asem gehaal het. JP was ook op ‘n drip. Maranette het saam met JP in die ambulans gery, waarna Jason hulle toe by die hospitaal gekry het.

Maranette en JP het was daai spesifieke dag by Jason se huis omdat iemand deur die dag na JP moet kyk. “Jason en JP was baie geheg aan mekaar en Jason het Maranette baie ondersteun en gehelp met JP.” vertel Jacorine. “Jason het die laaste twee weke nooit van die huis af gewerk om na JP te kyk terwyl Maranette werk. Maranette het Woensdag nie gaan werk nie en by JP gebly.”

By die hospitaal

Met die aankoms by die hospitaal is ‘n breinskandering gedoen en is bevind dat JP geen breinfunksie het nie.

“Die gewas het verdubbel in grote en dit het veroorsaak dat die breinstam toe gebind word. Geen bloedvloei kon plaasgevind het nie.” vertel Jacorine

Dit het veroorsaak dat JP ‘n reuse beroerte gehad het en dat hy nie meer self kon asem haal nie.

Die dokter het die hartverskeurende nuus Vrydagoggend aan JP se ma en pa, Koos du Plooy gegee. “Die masjiene is al wat JP aan die lewe hou. Daar is geen brein funksie meer nie.”

JP se ouers het teen Vrydagmiddag die moeilike besluit geneem en JP se masjiene afgeskakel. “Hy het onmiddellik ophou asemhaal. Maranette het op sy bors gaan le totdat sy nie meer sy hart, wat stelselmatig verswak het, hoor klop het nie,” vertel Jacorine hartseer

Volgens Jacorine het Dr Taleph aan die familie gesê dat JP alreeds “weg” was die oomblik toe hy Woensdagmiddag op die bank neergesak het.

Die gewas het in vier maande van dormant tot aggressief verander weens die skielike groei en suurstof tekort.

Jacorien vertel dat dit vir al die dokters wat hom die afgelope vier jaar behandel het, n groot skok was.

Ma en seun het die Woensdag die heeldag voor die televisie gelê terwyl JP haar styf vasgehou het en hy heeltyd vir haar gesê het hoe lief hy vir haar is. “Ek sal daai woorde nooit vergeet nie.”

Hy gaan gemis word

Jacorine kan nie uitgepraat raak oor JP nie. “JP was ‘n geliefde mens in die Christiana gemeenskap , waar hy gebore is en groot geword het. Hy was op skool die eerste rugby span kaptein, voorbeeldig en altyd respekvol, teen oor ander mense.”

Jacorien vertel dat JP n reuse familie agterlaat en dat almal erg getraumatiseer is deur die gebeure omdat almal uitgesien het na sy operasie in April en die feit dat JP sou herstel.

JP word oorleef deur sy ma, pa en twee broers, Jacques en Marko.

Maranette en haar drie seuns, JP, Jacques en Marko

Facebook

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief