’n Gelukkige speler het gisteraand R124 602 697.30 met die Powerball-boerpot gewen. Ithuba het aangekondig die wenner het aan die Powerball deur middel van die Absa-banktoep deelgeneem.
Lees ook: Powerball uitslae vir 5 Augustus 2025
Volgens Ithuba het die speler R37.50 gebruik om aan die Powerball deel te neem en het self die nommers gekies.
Daar was ook sewe ander spelers wat vyf nommers reggeraai het en elk R115 000 gewen het en 49 spelers wat elkeen R10 000 in ander afdelings gewen het.
Spelers word aangemoedig om na hulle kaartjies te kyk om te sien of hulle wenners is. Spelers moet 18 jaar en ouer wees om aan die Lotto deel te neem.
Bronne: National Lottery
Lees ook: Powerball uitslae vir 5 Augustus 2025





