Gene Hackman se hond dood van dehidrasie en honger

Lees ook :

SANTE FE, NEW MEXICO. – Akteur Gene Hackman en sy vrou Betsy Arakawa se hond is dood van honger en dehidrasie na sy in ‘n krat in die badkamerkas toegemaak is.

Lees ook: Inligting vanmiddag gegee oor dood van Gene Hackman en Betsy Arakawa

Volgens die polisie kan nadoodse ondersoeke op die liggame van die egpaar maande neem as gevolg van die staat van ontbinding waarin die liggame gevind is.

Die brandweerhoof het gesê die egpaar is op ongeveer dieselfde tydstip oorlede.

Die polisie is besig om die beeldmateriaal, geneem deur die polisiebeamptes wat eerste op die toneel was, deur te gaan. Hulle ondervra ook Hackman se kinders om uit te vind wie die egpaar laaste gesien het.

Hackman en Arakawa is nie dood aan koolstofmonoksiedvergiftiging nie en daar is geen tekens van vuilspel gevind nie.

Die polisie probeer inligting van die oorledenes se selfone en ‘n dagboek verkry om die egpaar se geheimsinnige dood te verklaar.

Bronne: The Mirror, Los Angeles Times, USA Today

Lees ook: Inligting vanmiddag gegee oor dood van Gene Hackman en Betsy Arakawa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief