Geordin Hill-Lewis prys transformasie van Thandabantu Park

Lees ook :

Foto: Geordin Hill-Lewis

WES-KAAP. – Geordin Hill-Lewis, die burgemeester van Kaapstad, sê die transformasie van Thandabantu Park in Dunoon wys hoe gemeenskappe kan verander wanneer openbare ruimtes opgeknap en versorg word.

Hill-Lewis sê in ‘n sosialemediaplasing dit is vir hom moeilik om te beskryf hoeveel vreugde die verandering van Thandabantu Park hom bring. Volgens hom was die park in Dunoon ’n jaar gelede nog vol rommel, maar het dit sedertdien dramaties verander nadat die Stad hard gewerk het om die gebied skoon te maak en op te knap. “Dit is moeilik om te beskryf hoeveel vreugde dit my bring. ’n Jaar gelede was Thandabantu Park in Dunoon vol rommel – kyk net vandag na die transformasie.”

Hy voeg by dat Dunoon nou skoner lyk en ook skoner voel as wat dit in baie jare was. Volgens die burgemeester is verwaarloosde openbare ruimtes omskep in veilige en aangename plekke waar families tyd saam kan deurbring. “Ons het baie hard gewerk om Dunoon skoon te maak. Dit lyk en voel nou skoner as in jare, en ons het problematiese openbare ruimtes omskep in mooi, veilige plekke waar families kan ontspan. Dit is die waardigheid wat ons vir almal wil bring.”

Die plasing en verandering is deur die gemeenskap geprys: Ntokie Fbo sê: “I just saw the park yesterday when I was passing there, it was full of ladies exercising. I was so proud of Dunoon people for bringing it back to life. Well done Mayor Geordin Hill-Lewis.”

Jenniffer Wyatt:  “I think it is amazing what you do. You have such energy. I just wish people would realise you are one man. With limited resources. And instead of being negative. Maybe see how they can improve their surroundings themselves.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief