Gerco van Deventer na ses jaar onvoorwaardelik deur Al-Kaïda vrygelaat

Lees ook :

Foto: Gift of the Givers

INTERNASIONAAL, SUID-AFRIKA. – Gerco van Deventer is gister onvoorwaardelik in Algerië vrygelaat nadat hy op Vrydag 3 November 2017 in Libië gevange geneem en in 2018 in Mali aan JNIM (Al-Kaïda) verkoop is.

Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers het ongeveer drie uur gelede in ‘n persverklaring gesê Van Deventer was ses jaar en een maand gevange gehou. Dit maak hom die Suid-Afrikaner wat nog die langste as ‘n gyselaar gevange gehou was.

Gift of the Givers het gedurende 2018 op versoek van die Van Deventer-familie betrokke geraak. Die organisasie het JNIM oor onderhandelinge gekontak. Die aanvanklike bedrag vir Van Deventer van 3 miljoen Amerikaanse dolar is deur die organisasie deur onderhandeling na 500k Amerikaanse dollar verminder.

Sooliman sê die organisasie tree slegs as ‘n bemiddelaar op en betaal nie lospryse nie. Familie en werkgewers van Van Deventer kon nie met die losprysbedrag help nie en die onderhandelinge het stilgestaan. Tydens Covid-19 het die onderhandelinge volgens Sooliman heeltemal tot stiltand gekom totdat ‘n tussenganger in Mali in Januarie 2023 versoek is om die onderhandelingsproses weer aan die gang te kry.

Terwyl die geld vir die losprys nie bymekaargemaak kon word nie, het die organisasie steeds probeer onderhandel vir Van Deventer se vrylating ter ere van dae soos Ramadan en Hajj. Briewe van geestelike leiers het die versoek ondersteun.

Gift of the Givers het ondersteuning ná die Marokkaanse aardbewing aangebied. Dit het die aandag van die ontvoerders met kontakte in Marokko getrek, waarna ‘n boodskap van waardering ontvang is. Weereens het die organisasie vir Van Deventer se onvoorwaardelike vrylating onderhandel.

Met intervensie in Gaza het ‘n tussenganger wat die organisasie sedert 2015 ken op 16 November vir video-boodskappe van die familie gevra.

Sooliman sê die versoek het gekom kort nadat Ahmed Abbasi van die organisasie se hoofkantoor in Gaza direk geteiken en vermoor was. Sy broer is ook vermoor. Dit kan nie gesê word of die moorde relevansie tot die vrylating het nie.

‘n Onbekende persoon van Mauritanië het op 5 Desember gebel en gesê daar word aan die vrylating gewerk. Sooliman sê ‘n tussenganger wat vertrou word, het gisteraand gebel om te sê Van Deventer is in Algerië vrygelaat.

“South African State Security confirmed last night that Algerian State Security called to inform them that Gerco is freed, is with them and taken to hospital for a health review.”

Volgens Sooliman word daar vir die volgende stappe gewag om Van Deventer met sy vrou Shereen en hulle seuns te herenig.

“May Gerco return home soon, safely,” het Sooliman afgesluit.

Bron: #GiftoftheGivers persverklaring

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief