Geregtigheid gesoek vir Tazne van Wyk se dood

Lees ook :

WES-KAAP – Die gemeenskap van Ravensmead op die Kaapse Vlakte wil sien hoe geregtigheid vir die dood van hulle geliefde Tazne van Wyk geskied. Die gemeenskap neem sake in hul eie hande. Die huise waar Tazne vermoedelik aangehou is ten tyde van haar verdwyning is deur woedende ontstokers afgebrand.

Tazne van Wyk (8) het op 7 Februarie 2020 vermis geraak. Die vermeende ontvoerder is op 17 Februarie 2020 op Cradock in hegtenis geneem en het op 21 Februarie 2020 in die Goodwood-landdroshof verskyn.

Die speurders se ondersoek het hulle saam met die vermeende ontvoerder na die grusame ontdekking van Tazne se liggaam in ’n stormwaterpyp op die N1 naby Worcester gelei.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, sê die verdagte het die helfte van ’n tien jaar vonnis vir strafbare manslag en ontvoering uitgedien. Parool is aan die verdagte toegestaan, maar hy het later verdwyn. Hy is ook vir parooloortreding gesoek.  

Kyk die video hier:

https://www.facebook.com/finditinkimberley/videos/492876704727033/

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief