Gesimuleerde oefening oor bedreigde spesies in Riversdal aangebied

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – As deel van voortdurende landelike veiligheidsinisiatiewe het die Garden Route-distrikspolisie Vrydag saam met Cape Nature ’n gesimuleerde oefening oor bedreigde spesies by die Riversdal-skouterrein aangebied. Die doel was om beskikbare hulpbronne te toets om die onwettige handel in en smokkelary van bedreigde spesies te bekamp.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die oefening is deur 18 SAPD- landelike distriksveiligheidskoördineerders, landelike veiligheidsforums, die Wes-Kaapse provinsiale verkeersafdeling, Hessequa- munisipale verkeer-en-wetstoepassing, asook sleutelrolspelers uit die boerderygemeenskap bygewoon. Ondersoekers van die veediefstal- en bedreigde spesie-eenhede in Worcester, Beaufort-Wes en Oudtshoorn het ook deelgeneem.

Brig. Zukiswa Matumbu, Wes-Kaapse provinsiale hoof vir proaktiewe polisiëring, het die geïntegreerde samewerking geloof en die belangrikheid van volgehoue vennootskappe beklemtoon.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief