Gerhard, Karin en Lente van Jaarsveld (2) van Pretoria is in ’n kop-aan-kop-botsing beseer nadat ’n ander voertuig se band gebars het toe dit hulle verbygesteek het. Lente toon positiewe vordering.
Mariska Nanni het Woensdag positiewe terugvoer oor Lente onder ‘n sosialemediaboodskap van Karin gedeel. Volgens Karin se boodskap beweeg Lente se oë wanneer daar met haar gepraat word. “Lentie se ogies beweeg wanneer ons met haar praat,” het sy gesê.
Die familie het die publiek versoek om voort te gaan om vir Lente se herstel te bid, terwyl sy steeds mediese sorg ontvang. Verdere behandeling en monitering is vir later hierdie week geskeduleer. ‘n Massagebedsbyeenkoms is Woensdag vir klein Lente gehou.
“Iemand lus vir ‘n bietjie goeie nuus? Lentie se ogies beweeg wanneer ons met haar praat! Ons kan nie nou ophou bid nie! Ons harte huil van blydskap!”
Volgens ‘n plasing van Karen op sosiale media oor die ongeluk het dit plaasgevind terwyl haar man, Gerhard, bestuur het. Sy het in die passasiersitplek geslaap en hul dogtertjie, Lente, was in haar karstoeltjie.
Karin van Jaarsveld vertel:
Hier is die hele volle storie. Kop-aan-kop-botsing weens die ander kar se wiel wat gebars het reg voor hy verby ons is. Ek het geslaap in die passassiersitplek, Lente het geslaap in haar karstoeltjie. Gerhard het bestuur. Gerhard is stukkend oral op sy lyf. Ek het ‘n rib en ‘n arm gebreek, en is maar net bruised.
Ons het gebede nodig vir Lente. Sy het ‘n erge hou op haar kop weg. Swelling op die brein. Hul het haar eergisteraand geopereer. Haar koppie oopgemaak, sodat swelling op die brein kan sak. Was ‘n 50/50 operasie – ons eerste wonderwerk. She made it, dankie Jesus. Voor hul haar kon laat slapies het sy haar armpies probeer beweeg EN haar een ogie probeer oopmaak – ons tweede wonderwerk, dankie Jesus.
Sy is tans onder sedasie tot ±Donderdag, wanneer hul weer gaan scan en haar probeer stelselmatig wakker kry. Anders as haar koppie, het sy ‘n fraktuur in haar een armpie en ‘n heupbeen. Sy fight kliphard, en Jesus nog harder. Asseblief hou aan met bid.
Ringball South Africa sê in ‘n sosialemediaplasing: Ons Ringbalfamilie dra vandag Karin en Gerhard (Spokie) en hul geliefde dogtertjie, Lente, in ons harte en gebede. Ná die motorongeluk bid ons saam dat die Here Sy Hand beskermend oor Lente sal hou waar sy tans in die teater is. Mag Hy haar bewaar vir haar mamma en pappa, en vir haar hele familie.
Here, ons lê hierdie gesin aan U voete neer. Omvou hulle met U vrede, gee krag in hierdie oomblik van onsekerheid en laat U genesende hand oor Lente rus.
Met die aanbreek van die Feestyd, wanneer ons saamkom om U geboorte te vier, loof en prys ons U. Dankie dat U ons weer bewus maak van U Woord en U liefde. Ons lig ons hande na Bo om U te eer en ons vertroue volkome in U te plaas.
Amen ![]()
Lente het op 13 Julie haar tweede verjaardag langs ‘n korfbalbaan gevier toe Gerhard, SA-korfbalspeler, as Speler van die Toernooi aangewys is.
Karin het Woensdag die volgende boodskap op sosiale media geplaas: “Bid saam met ons vir ons barbie! DANKIE, dankie, dankie vir elke boodskap, elke gebed, elke manier van support. Ons barbie gaan LEEF in Jesus Naam!”

Foto’s: Nicola Breytenbach





