Gesin met baba aangehou, beroof en ontvoer

Lees ook :

Foto: SAPD

SABIE, MPUMALANGA. – ‘n Gesin met ‘n baba (1) is Vrydagoggend tussen 02:00 en 03:00 in hulle huis deur gewapende verdagtes aangehou. Hulle is daarna met hulle eie voertuig, wat ure later verlate gevind is, ontvoer.

Kol. Donald Mdhluli sê na bewering het die gesin van geluide wakker geword. Die gewapende verdagtes was reeds in die huis. Die gesin is gedreig om kalm te bly of hulle sou glo doodgemaak word. Na bewering is die huis geplunder, waarna die gesinsmotor, ‘n Toyota Fortuner, se sleutels geëis is. Die geroofde eiendom en die gesin is glo in hulle eie voertuig inforseer, waarna daar met hulle gery is. In ‘n verlate area op die R37 by Sabie/ Hendricksdal-pad is die gesin afgelaai. Hulle kon stap tot waar hulle hulp kon kry. Wetstoepassingsowerhede is ontbied. Die voertuig is gevolg tot waar dit om 06:20 langs die grenslyn by Goba in die Nkomazi-area teruggevind is.

Mdhluli sê die polisie is hoopvol om die verdagtes in hegtenis te neem en die geroofde goedere terug te kry.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief