Geskorste hooflanddros vir beweerde korrupsie in hof

Lees ook :

Foto: Etienne Creux

GAUTENG. – Desmond Nair, geskorste hooflanddros van Pretoria, het Woensdag op aanklag van korrupsie in die Pretoria- kommersiële misdaadhof verskyn. Die saak is tot 20 Augustus uitgestel.

Henry Mamothame, woordvoerder vir die NVG se ondersoekdirektoraat, sê Nair het vertoë tot die kantoor van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging gerig en ondersoeke en ingryping versoek, soos deur sy prokureur op rekord geplaas is.

Die beweerde korrupsieklag volg nadat Nair glo in September 2016 sekuriteitsverbeterings van ongeveer R200 000 by sy huis in Silverton deur African Global Operations, ook voorheen bekend as Bosasa, ontvang het. Die verbeterings sluit volgens Mamothame onder meer ‘n elektriese heining en alarmsisteem met CCTV-kringtelevisie in. Dit is na bewering as bedanking aangebied en deur Nair ontvang, sodat hy sy posisie op die regsbank op ‘n oneerlike of onbehoorlike wyse kan gebruik.

Mamothame sê die hof het Nair gewaarsku om homself op 20 Augustus beskikbaar te stel wanneer die saak weer voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief