Gesoekte advokaat op bedrogverwante aanklagte vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Amoidahh Manamela, ’n advokaat, is Maandag deur Lyttelton-speurders in verband met verskeie beskuldigings van diefstal en bedrog vasgetrek.

Kapt. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits Manamela het glo vir persoonlike finansiële gewin verskeie dokumente vervals en kliënte mislei. “Die beskuldigde het vir ’n geruime tyd inhegtenisneming ontduik, maar speurders kon haar ná deeglike en gesamentlike ondersoekwerk opspoor en in hegtenis neem.”

Manamela het Maandag in die Pretoria-Sentraal-landdroshof verskyn. Die saak is vir formele borgtogaansoek en verdere ondersoek tot 8 Desember uitgestel.

Die polisie doen ’n beroep op enige persone wat moontlik slagoffers van die advokaat was, om lt.kol. Mathole by 082 715 9583 of 071 675 6421 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief