Gesoekte verdagte doodgeskiet wat op polisie losbrand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Gesoekte verdagte wat op 14 September op polisielede geskiet en een gewond het, is Donderdagoggend vroeg in Inanda noodlottig gewond.

Kol. Robert Netshiunda sê die polisie het inligting oor die verdagte by ‘n huis in Ohlange opgevolg. Die verdagte het op die polisie losgebrand, waarna hy doodgeskiet is. Drie polisielede het geringe beserings opgedoen.

Polisielede was op 14 September op die M25 in Inanda besig met ‘n roetine-stop-en-deursoeking. ‘n Man wat verdag optree, is opgemerk. Die polisie het hom gestop, waarna hy skielik op die lede begin skiet en ‘n konstabel onder sy koeëlvaste baadjie gewond het. Die konstabel is na ‘n hospitaal gehaas. Die verdagte het van die toneel gevlug en daar is na hom gesoek tot Donderdagoggend.

“Die verdagte is in besit gevind van ‘n vuurwapen wat aan die begin van September 2024 in Inanda as gesteel aangemeld is. Die vuurwapen behoort aan sy oom wat ‘n metropolisiebeampte is.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App