Gesoekte verdagte in skietery met polisie dood

Lees ook :

Foto: SAPD

OOS-KAAP. – ‘n Man (50) wat weens verskeie beweerde misdade deur die polisie gesoek is, is Dinsdag in Msobomvu tydens ‘n oor-en-weer-skietery deur die polisie doodgeskiet.

Lt. kol. Siphokazi Mawisa sê lede van Butterworth-misdaadintelligensie het die oggend omstreeks 11:50 inligting opgevolg oor die verdagte wat glo met veelvuldige sake, soos moord, huisroof en gewapende roof, verbind is.

Die verdagte is opgemerk waar hy ‘n taxi van Msobomvu na Bika geneem het, waarna speurders en sigbare polisiëring by die misdaadintelligensie-lede aangesluit het. Die taxi is tot in die Cuba-woonbuurt in Butterworth gevolg en takties genader toe passasiers uitklim. Die verdagte het met ‘n pistool uit die taxi gespring en op die polisielede geskiet, waarop die polisie teruggeskiet het en die verdagte noodlottig gewond het.

‘n 9 mm-pistool is gekonfiskeer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief