Maak: 35 beskuite
Bereidingstyd: 25 minute
Baktyd: 45 minute plus uitdroogtyd
Oondtemperatuur: 180 °C
Bestanddele
100 ml (100 g) laevetmargarien
2 groot eiers
185 ml (150 g) suikerplaasvervanger (soos Huletts Sugalite)
920 ml (500 g) bruismeel
7 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
250 ml (30 g) semelvlokkies (wheat bran)
Metode
Plaas die margarien in ‘n bak met 400 ml warm water en roer totdat die margarien smelt.
Laat dit effens afkoel en voeg dan die eiers by.
Meng goed.
Sif al die droë bestanddele behalwe die semels met 5 ml sout. Voeg dit by die eiermengsel.
Voeg die semels by en meng dit deeglik.
Skep die deeg in ‘n gesmeerde en gevoerde broodpan uit en bak dit vir omtrent 45 minute in die verhitte oond.
Keer die beskuit op ‘n draadrakkie uit, laat dit afkoel en sny in vingers.
Sit dit terug in die oond en laat dit vir twee uur teen 100 ºC uitdroog.
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





