‘Gesteelde’ bakkie van Pretoria-Noord na hoëspoedjaagtog in Limpopo teruggevind

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Die Westenburg-polisie het Maandag omstreeks 02:00 tydens patrollie inligting gekry van ‘n wit Ford Ranger-bakkie wat glo naby Hoërskool Kuschke opgemerk is. Met ‘n voorlopige ondersoek is bevind dit is by Pretoria-Noord as vermis aangemeld.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê die bestuurder van die bakkie het weggejaag toe die polisie dit vind. Die hoëspoedjaagtog het tot op die R101 by Almadal voortgeduur. Die bakkie het skielik stilgehou en die insittendes het die bosse in gevlug. ‘n Vuurwapen met ‘n groot hoeveelheid ammunisie is in die bakkie gekry.

Die bakkie, vuurwapen en ammunisie is gekonfiskeer en ‘n soektog na die verdagtes is begin.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om lt.kol. Dithutle Molepo by 082 565 8566 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief