‘Gesteelde’ Porsche teruggekry

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Drie mans en ‘n vrou is Vrydag omstreeks 15:30 vir beweerde betrokkenheid by motordiefstal in Vereeniging gearresteer. Tydens die arrestasie is ‘n seinblokkeerder en ‘n gesteelde Porsche Cayenne se sleutel ontdek.

Sers. Josephine Rani sê verskeie polisie-eenhede het inligting om vir verdagtes in ‘n silwerkleurige Mercedes-Benz op die uitkyk te wees, ontvang en opgevolg. Die Mercedes is op die R59 in die rigting van Parys opgemerk, gestop en deursoek. Lede het ‘n seinblokkeerder en ‘n beweerde gesteelde Porsche-sleutel in die voertuig aangetref.

Polisielede het later die aand die Porsche Cayenne, wat na bewering gesteel is, in die Blyde, Pretoria, teruggekry.

Rani sê die verdagtes sal na verwagting binnekort op aanklag van die besit van ‘n seinblokkeerder in die Parys-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief