GQEBERHA. – ‘n Geseëlde radioaktiewe houer wat ‘n radioaktiewe isotoop genaamd Iridium 192 bevat, is Dinsdagoggend deur skrootwerfeienaars in North End gevind nadat dit gesteel is.
Kapt. André Beetge sê na inligting oor die gesteelde houer gesirkuleer is, het skroothandelaars die eienaar gekontak.
Volgens die skroothandelaar het ‘n man na bewering probeer om die houer te verkoop en toe vrae gevra word, het hy laat spaander.
Volgens die skroothandelaar lyk dit nie, nadat die houer teruggevind is, asof daar met die seël gepeuter is nie. Die SAPD is egter steeds na die skuldige(s) wat vir die beweerde diefstal verantwoordelik is, op soek.
Diefstal by ‘n motorvoertuigsaak is Vrydagoggend by ‘n gastehuis in Mulderrylaan in Sydenham aan die Nelson Mandelabaai-polisie rapporteer.
Die radioaktiewe houer was deel van die gesteelde items. Die houer was steeds geseël, maar daar was kommer sou daar wel mee gepeuter word en radioaktiewe vergiftiging plaasvind.
Enigiemand met inligting om die skuldige(s) op te spoor, kan konst. Michaela Swart by 069 358 9965 bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





