Gesteelde skape op Maclear teruggekry

Lees ook :

Die skape: Twitter

MACLEAR, OOS-KAAP. – Brig. Asogran Naidoo, waarnemende distrikskommissaris, het inwoners van Maclear geprys vir hulle vinnige reaksie wat daartoe gelei het dat 220 gesteelde skape ter waarde van R175 000 teruggevind is.

Na bewering het ’n boer by Ntushuntush Woensdagnag om 22:00 haar honde hoor blaf. Sy kon deur die venster sien hoe ongeveer sewe mense ’n trop skape en lammers uit die kraal lei.

Die polisie is dadelik ontbied, waarna die verdagtes oomblikke later ’n paar kilometer van die toneel opgemerk is. Hulle het daarin geslaag om te vlug, maar het die vee agtergelaat.

Relevante merke op die skape het bevestig dat hulle aan die spesifieke boer behoort. ’n Saak van veediefstal is vir verdere ondersoek geopen.

“Al het die verdagtes daarin geslaag om te vlug, is ons trots op die feit dat die vee teruggevind is,” het brig. Naidoo bygevoeg.

Bronne: SAPD, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief