‘Gesteelde voertuig’ van Postmasburg teruggekry

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDKAAP. – Die John Taolo Gaetsewe-hoofwegpatrollie het Sondag ‘n motor wat volgens vermoede in Postmasburg gesteel is, teruggevind. Die Mazda 323 was deur ‘n silwerkleurige Colt-bakkie gesleep.

Brig. Mashay Gamieldien sê die motor is omstreeks 09:30 gesteel. Vier uur later is ‘n wenk ontvang van die motor wat ongeveer 100 km van Kuruman, naby Komtieke, onderweg na Vryburg gewaar is. Die polisielede het eerste die Colt-bakkie opgemerk waar dit sonder ‘n insittende langs die pad staan. Die Mazda is verlate op die N14 opgemerk.

Kort daarna het polisiebeamptes gehoor twee mans loop met ‘n plastiekhouer in die rigting van Komtiekie. Terwyl Vryburg se honde-eenheid die gesteelde voertuig oppas, het die hoofwegpatrolliebeamptes op ‘n verdere wenk van drie mans by die bakkie, van wie twee met die beskrywing van die lopende mans met die kan ooreenstem, gereageer.

Die drie verdagtes is op vermoede van diefstal van ‘n motorvoertuig gearresteer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief