KARATSJI, PAKISTAN. – Verskeie gevangenes het vandag uit die Malir-tronk in Karatsji, Pakistan, ontsnap tydens ontruimings ná ’n aardbewing in dié gebied.
Lees ook: Vyf mense dood toe skoolbus in Pakistan ná selfdoodbomaanval ontplof
’n Senior polisiebeampte, Kashif Abbasi, het gesê 216 gevangenes het ontsnap, van wie 78 reeds weer in hegtenis geneem is. Die gevangenes het gedurende die ontruimings die wagte aangeval en hul wapens afgevat voor hulle gevlug het.
Een gevangene is dood en drie veeiligheidswagte is in dié voorval beseer. Die gevangenes het na woogebiede gevlug en inwoners is gevra om hulle te help identifiseer en aan te meld waar hulle hulle bevind. ’n Ondersoek sal oor die ontsnapping gedoen word.
Bronne: Times of India, Indian Express, NDTV
Lees ook: Vyf mense dood toe skoolbus in Pakistan ná selfdoodbomaanval ontplof





