OOS-KAAP. – Die SAPD ondersoek ’n saak van gewapende roof en diefstal van ’n voertuig by die kantore van die departement van tesourie in Bhisho op 2 Junie.
Lees ook: Radar word gebruik by verlate plaashuis in soektog na Madeleine McCann
Luidens ’n verklaring deur die polisie het twee onbekende swart manlike verdagtes, albei gewapen en vermom, by ‘n veiligheidskamer ingegaan waar ’n wag aan diens was. Die eerste verdagte het glo die wag met ’n vuurwapen gedreig en die sleutel van ’n staatsvoertuig geëis wat buite die gebou geparkeer was, waarop die wag gesê het hy het nie ‘n sleutel nie.
Die tweede verdagte is met ’n vuurwapen en kabelbinders by die vertrek in, waarmee die wag vasgebind is. Die eerste verdagte het die voorvalregister gevat en saam met die ander verdagte in die staatsvoertuig gevlug.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Bronne: SAPD
Lees ook: Radar word gebruik by verlate plaashuis in soektog na Madeleine McCann





