KWAZULU-NATAL. – Gewapende rowers het na bewering Donderdagoggend drie keer binne 15 minute in Verulam op inwoners toegeslaan.
Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep is omstreeks 07:15 oor die eerste poging tot kaping in Flamingoweg, Dawncrest, ontvang. Twee gewapende rowers het ‘n erf betree en gepoog om ‘n wit VW Polo te kaap. Die slagoffer het om hulp geroep en die verdagtes het met leë hande gevlug.
Gedurende die tweede insident het dieselfde verdagtes wat van die eerste toneel in ‘n bruin Suzuki Ertiga gevlug het, ‘n vrou (44) omstreeks 07:25 buite haar huis in Madronarylaan in Trenance Park gekonfronteer. Die vrou is gevolglik beveel om terug te gaan in haar huis in. Die insident het die bure se aandag getrek, wat die verdagtes genoop het om te vlug. Die verdagtes kon daarin slaag om die vrou se juwele te roof, voordat hulle gevlug het.
Die verdagtes is daarna omstreeks 07:30 na ‘n huis in Cinamon Place in Trenance Park waar ‘n vrou (88) se juwele gesteel is. Die huis is geplunder en die verdagtes het met ‘n TV, WiFi router en huishoudelike items van die toneel gevlug.
“Geen beserings is tydens engie van die insidente gerapporteer nie.”





