Gewapende verdagtes bestorm kerk tydens gebedsdiens

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Gewapende rowers het Saterdagoggend omstreeks 00:45 tydens ‘n naggebedsessie ‘n kerk in Numbi bestorm. ‘n Saak van sakeroof is deur die Masoyi-polisie oopgemaak vir ‘n voertuig en elektronika wat na bewering gedurende die voorval gesteel is.

Lt.kol. Jabu Ndubane, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits gemeentelede was besig om te bid toe vyf vermomde mans met pistole die kerk binnegegaan en hulle beroof het. 11 selfone, twee klankversterkers en die pastoor se voertuigsleutels is gesteel. Die gesteelde items is in ’n wit Audi Q3 SUV met registrasienommer KFM 302 MP gelaai, waarmee die verdagtes van die toneel gevlug het. Die voertuig is nog nie teruggevind nie, maar word met behulp van Cartrack nagespoor.

Geen skote is afgevuur nie, niemand is beseer nie en geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief