Gewese kêrel mét beskermingsbevel vir onder meer verkragting gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Mpho Mofokeng (28) is deur die Phuthaditjhaba-streekshof tot 27 jaar direkte tronkstraf gevonnis. Hy het sy gewese meisie, wat ‘n beskermingsbevel teen hom gehad het, ontvoer, besteel, beroof en verkrag.

Sers. Mahlomola Kareli sê die slagoffer was op 7 Maart 2022 by die werk toe haar gewese kêrel opgedaag het en met haar wou praat. Sy het hom buite ontmoet, waar hy haar met ‘n vuurwapen gedreig het om die beskermingsbevel terug te trek. Hy sou haar andersins vermoor. Die slagoffer het geweier, waarna sy na haar ma se huis forseer is.

Kareli sê die ma het buite gesit en daar is voorgegee dat die twee binne gaan gesels. In die huis het Mofokeng die slagoffer se broer se bakkiesleutels geëis. Mofokeng het die broer se kamer op soek na ‘n kluissleutel geplunder en ‘n vuurwapen gesteel is.

Die slagoffer is in ‘n ander kamer verkrag terwyl sy met ‘n vuurwapen gedreig is.

Hierna het Mofokeng geld geeïs om na neefs in Betlehem te ryloop. Daar het hy sy neefs se voertuig gesteel en na Thaba Boisu gery waar hulle naby die berge sonder brandstof gaan staan het. Toe hy die slagoffer se broer vir brandstof bel, is die polisie gekontak.

Die Tseki-polisie het met aankoms die verdagte ontwapen en in hegtenis geneem.

Sers. Tumi Moletsane van Phuthaditjhaba-GKS het die sake van ontvoering, roof van kontant, diefstal van ‘n vuurwapen, verkragting en oortreding van ‘n beskermingsbevel ondersoek.

Mofokeng is skuldig bevind en gevonnis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief