GAUTENG. – Vier verdagtes, insluitend haar gewese man, ‘n dokter, is in hegtenis geneem na Palesa Mofokeng (33) Vrydag onderweg na Hoërskool Riverside by ‘n verkeerslig in Vanderbijlpark doodgeskiet is.
Lt.kol. Mavela Masondo sê die oorledene is op die hoek van Hendrik van Eck-boulevard in die bestuurdersitplek van haar Nissan NP200-bakkie doodgeskiet. Sy is met veelvuldige skietwonde op die toneel dood verklaar.
Met ‘n voorlopige ondersoek is bevind die verdagtes, op ‘n Honda FRV-motorfiets, het die vrou by die verkeerslig doodgeskiet.
‘n Taakspan het die polisie na Kliprivier, Sebokeng, Sharpeville en Vereeniging gelei, waar die verdagtes vasgetrek is. ‘n Vuurwapen en voertuig wat in die misdaad gebruik is, is gekonfiskeer. Die verdagtes sou Maandag op aanklag van moord in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn.
Mofokeng, wat ‘n onderwyseres was, laat haar dogter agter.
“I am pleased with the manner in which the team handled this investigation and the swift response in arresting the suspects. Gender-based violence remains one of the top priorities of the police in Gauteng. The suspects will be brought to book for the gruesome murder of a woman,” sê lt.genl. Tommy Mthombeni, die provinsiale kommissaris in Gauteng.
Bronne: SAPD en Women For Change





