Lees ook: AKA-moordsaak tot Mei uitgestel
Die departement van water en sanitasie het aangekondig die Lesotho Hoogland-tonnel sal van 1 Oktober 2024 tot 31 Maart 2025 vir beplande onderhoud gesluit wees.
Hulle het gesê die tonnel sal vir ses maande gesluit wees om noodsaaklike instandhoudings- en herstelwerk te doen. Dit is ‘n proses wat omtrent ses maande sal neem.
‘n Gevolg hiervan is dat watertoevoer na die Vrystaat en Gauteng vir ses maande beperk sal wees.
Bethelehem, Reitz en Tweeling sal veral deur die watertekort geraak word.
Die departement het inwoners van al die provinsies gevra om water spaarsamig te gebruik tydens hierdie tydperk. Waterinperkings sal ingestel word.
Bronne: Department of Water and Sanitation
Lees ook: AKA-moordsaak tot Mei uitgestel