Lees ook: Ghislaine Maxwell vertel alles in memoir
NEW YORK, VSA. – Ghislaine Maxwell sal in aanhouding bly ná haar appèl teen haar skuldbevindings van die hand gewys is.
Maxwell het ’n appèl geloods met die argument dat Epstein se ooreenkoms in Florida om nie verhoor te word nie, vir haar ook geld. Sy het ook beweer haar verhoor was onregverdig ná een van die jurielede nie gesê het hy is seksueel mishandel tot ná die verhoor nie.
Drie regters het haar argumente van die hand gewys en haar appèl is afgekeur. Sy sal eers in 2037 om parool kan aansoek doen.
Bronne: The Mirror, Daily Mail, ABC News