Virginia Giuffre se familie het vir die Amerikaanse president, Donald Trump, gevra om nie vir Ghislaine Maxwell vry te spreek nie. Haar familie het gesê “Ghislaine Maxwell is ’n monster wat verdien om in die tronk te vrot vir die res van haar lewe”.
Lees ook: Ghislaine Maxwell deur justisiedepartement ondervra
Hulle pleidooi volg nadat Donald Trump dié week gesê het hy word “toegelaat” om Maxwell te begenadig, maar dat hy nog nie daaraan gedink het nie. Maxwell is 20 jaar tronkstraf opgelê vir die sekshandel in minderjariges. Trump het ook dié week gesê Jeffrey Epstein het Giuffre van sy Mar-a-Lago-klub in Palm Beach “gesteel” waar sy as ’n 16-jarige in 2000 gewerk het.
Giuffre se familie het gesê dit is “skokkend om te hoor Trump het geweet dat Virginia van Mar-a-Lago ‘gesteel’ is”. Hulle het bygevoeg dit laat hulle vra of hy geweet het van Jeffrey Epstein en Ghislaine Maxwell se kriminele aktiwiteite, veral aangesien hy twee jaar later gesê het sy goeie vriend Jeffrey “hou van vrouens aan die jonger kant”. Trump het ontken dat hy geweet het van Epstein se kriminele aktiwiteite en hy is nooit aangekla of in die saak genoem nie.
Bronne: BBC, ABC News, The Independent
Lees ook: Ghislaine Maxwell deur justisiedepartement ondervra





