Gift of the Givers-hoof dood in ‘geteikende aanval’ in Gaza

Lees ook :

Gift of the Givers-hoof dood in 'geteikende aanval' in Gaza
Gift of the Givers-hoof dood in 'geteikende aanval' in Gaza fotokrediet: Facebook

Lees ook: Ramaphosa vra internasionale strafhof moet Israel vir oorlogsmisdade ondersoek

GAZA. – Die hoof in die kantoor van Gift of the Givers in Gaza, Ahmed Abbasi, en sy broer is vanoggend deur die Israeliese weermag gedood.

Volgens die organisasie is Abbasi en sy broer “direk geteiken” toe hulle op pad was huis toe van hulle oggendegebede.

Abbasi, ’n pa van drie wat as ’n “vriendelike, warm, sagte mens” beskryf is, was sedert 2013 die hoof van die Gaza-kantoor. Hy was verantwoordelik vir verskeie projekte, insluitend die versorging van weeskinders, weduwees, bejaardes en siek mense. Hy het water en kos afgelewer en beskadigde huise reggemaak.

Die organisasie het gesê hulle gee hulle volle ondersteuning aan president Cyril Ramaphosa se besluit om Israel aan te kla by die internasionale strafhof. Hulle het ook gesê hulle ondersteun die mosie om die Israelse ambassadeur uit Suid-Afrika te skors en ‘n einde aan enige diplomatieke bande met Israel te bring.

Bronne: Cape Town ETC., EWN, SABC, Facebook

Lees ook: Ramaphosa vra internasionale strafhof moet Israel vir oorlogsmisdade ondersoek

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App