Lees ook: Dodetal in Israel-Hamas-oorlog steek 11 000 verby
KATAR. – President Cyril Ramaphosa het tydens ’n nuuskonferensie in Katar gesê Suid-Afrika het stappe gedoen om ’n formele klag teen Israel by die internasionale strafhof te lê.
Ramaphosa het gesê hy glo Israel is besig om oorlogsmisdade te pleeg en dit moet deur die internasionale strafhof ondersoek word. Hy het weer gevra vir ’n skietstilstand en het die tweestaatmodel as ’n oplossing voorgestel.
Ramaphosa het gesê: “Ons het ons posisie as Suid-Afrika baie duidelik gemaak en het gesê ons is gekant teen die operasies wat aangaan, veral noudat hulle hospitale teiken waar babas, vrouens en die beseerdes doodgaan soos vlieë.”
Bronne: Daily Maverick, EWN, Jacaranda FM