Glo jy alle ‘nuus’ wat jy lees? Satiriese stuk mislei lesers oor verdagtes en slange

Lees ook :

Foto: Skermskoot The News Vine South Africa

‘n Facebook-blad, bekend vir satire en parodie, het vanaf Vrydag sosiale media aan’t gons met ‘n berig oor verdagtes wat klaarblyklik ‘n voertuig oopforseer het wat hulle gedink het ‘n kontantwa is, en op ‘n klomp slange afgekom het. Die verdagtes het glo met slangbytwonde in die hospitaal beland.

Nuusflits kan lesers gerusstel dat die storie slegs satiries bedoel is. Die polisie in die Oos-Kaap sowel as ALS Paramedics bevestig dat die berig nie die waarheid is nie, maar dat die blad wel geslaag het in dit waarvoor hulle bekend staan. Die foto is wel van ALS Paramedics, ‘n diens van KwaZulu-Natal, maar is van ‘n transitorooftog maande gelede.

Die beskrywing van die berig sê: “Snake-Heist Survivors Sue Wildlife Department. Ngcobo, South Africa – In an outrageous twist that no one asked for, the five men who attempted to rob a truck full of snakes — and ended up on the wrong end of the food chain — have now launched a lawsuit against the Department of Environmental Affairs, claiming they suffered “emotional trauma” after being “bitten without consent. Yes, the same geniuses who hijacked a serpent delivery truck thinking it was a mobile ATM are now demanding financial compensation, trauma counselling, and – wait for it – emotional support lizards. There were no signs. No warnings. Just crates. We thought it was cash, not cobras. I thought I was going to retire in Dubai, now I flinch every time I see a garden hose.”

Selfs ‘n bekende radiostasie is deur die berig geflous. In die oorspronklike satiriese berig word genoem die verdagtes wil nou eise deur hulle advokaat, Boetie “Snake Eyes” Dlamini, instel. Daar kan ook volgens die berig uitgesien word na ‘n bywerking oor die verdagtes se terapiesessie, met die naam, Forgiving the Fangs. Tong in die kies word die blad as Donald Trump’s Number One South African News Source beskryf, met die e-posadres [email protected].

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief