Enoch Godongwana, die minister van finansies, het aangekondig die derde begrotingsvoorstel, met ‘n hersiene fiskale raamwerk en inkomstevoorstelle, sal op 21 Mei aan die parlement voorgelê word. ‘n Hersiene wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste en Wetsontwerp op Toedeling sal ook op die tafel wees.
Lees ook: Hooggeregshof beslis geen BTW-verhoging
Dit volg na Godongwana beveel is om die begroting te hersien na die voorgestelde BTW-verhoging omgekeer is ná ‘n suksesvolle hofaansoek deur die EFF en DA.
Daar is ’n tekort van R75 miljard wat oor die volgende drie jaar gevul moet word. Die EFF en MK-party het gesê mense wat ryk geword het tydens apartheid moet meer belas word om die tekort uit te wis.
Die begrotingsproses moet teen die einde van Julie voltooi wees.
Bronne: All Africa, eNCA, BusinessTech
Lees ook: Hooggeregshof beslis geen BTW-verhoging





