Goeie nuus steeds te wagte vir brandstofprys in Junie

Lees ook :

Goeie nuus steeds op die kaarte vir brandstofprys in Junie fotokrediet: Canva

Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds dui steeds op ’n daling in die brandstofprys vir Junie.

Lees ook: Daling in brandstofprys moontlik vir Junie

Die prys van 93-oktaan petrol kan met 26 sent per liter daal en die prys van 95-oktaan petrol met 25 sent per liter.

Die prys van 0.05%-diesel, sowel as die prys van 0.005%-diesel kan met 53 sent per liter daal.

Dit is nog moontlik vir die pryse om te verander voor dit om middernag 3 Junie amptelik aangepas word.

Volgens The South African kan daar ’n styging in Junie te wagte wees, sou die internasionale olieprys styg.

Bronne: Cars.co.za, Swisher Post, The South African

Lees ook: Daling in brandstofprys moontlik vir Junie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief