Lees ook: Brandstofprys daal moontlik weer in Oktober
Daar word voorspel die brandstofprys vir Oktober gaan daal tot die laagste wat dit sedert Januarie 2022 was.
Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds dui op ‘n daling in die petrolprys van R1.34 vir 95-oktaan petrol en R1.25 vir 93-oktaan petrol.
Diesel kan daal met R1.07 per liter vir 500ppm en R1.13 per liter vir 50ppm.
Die amptelike brandstofprys sal in die eerste week van Oktober aangekondig word.
Bronne: The Citizen, IOL, BusinessTech





