Rusland eis ‘n ondenkbare bedrag van Google as gevolg van ‘n hofsaak oor die beperking van toegang tot Russiese staatsmedia-kanale op YouTube.
Google weier al van 2020 om boetes te betaal wat begin opstapel het. Die bedrag beloop ongeveer $20 decillion, wat wêreldwye ekonomiese syfers oorskry. Die Internasionale Monetêre Fonds skat die wêreld se bruto binnelandse produk op sowat $110 triljoen, terwyl Google se markwaarde net $2 triljoen is.
Die boete spruit uit die blokkering van verskeie Russiese staatsmedia-kanale, na die aanval van Oekraïne in 2022. Rusland se mediareguleerder het Google vroeër daarvan beskuldig dat hulle toegang tot hierdie kanale beperk het en hul optrede as protesondersteunend beskryf het.
Kremlin-woordvoerder Dmitry Peskov het die boete as “symbolies” beskryf en gesê Google behoort aandag daaraan te gee. Alphabet Inc, Google se moedermaatskappy, het in 2022 bankrotskap vir sy Russiese tak verklaar en die meeste kommersiële dienste in die land gestaak.
Google het nog nie ‘n verklaring oor hierdie ontwikkeling gemaak nie.
Bronne: The Moscow Times, BBC, CNN





