[t4b-ticker]

Gr. 10-leerder gee geboorte in skoolbadkamer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Gr. 10-leerder het Maandag alleen in ‘n toilet by Molautsi Secondary School in Bloedrivier geboorte gegee.

Matome Taueatsoala, woordvoerder vir die onderwysdepartement in die provinsie, sê die meisie was alleen toe sy begin kraam het.

“Die departement bevestig verder dat die leerder en die pasgeborene in die hande van gesondheidswerkers is. Ons doen hiermee ‘n beroep op die media en die publiek in die algemeen om gedurende hierdie tyd die nodige privaatheid aan die leerder en haar gesin te gee.”

Taueatsoala sê die departement sal ‘n span deskundiges na die skool stuur om psigososiale ondersteuning te verskaf.

“Die departement kan bevestig dat daar in gevalle van sulke omstandighede korrekte maatreëls in plek is om voldoende sorg en ondersteuning aan swanger leerders regdeur die skoolseisoen te verskaf.”

Volgens Taueatsoala moet die lewensoriëntering-opvoeder in sulke omstandighede ondersteuning bied. Die leerder-ondersteuner en onderwyspersoneel moet oor die leerder se swangerskapstatus ingelig wees.

“Ons wil verder erken dat ons deur ons kurrikulum en ander buitemuurse aktiwiteite, soos Voorspraakveldtogte en Omvattende Seksualiteitsopvoeding (CSE), wat ons as ‘n departement begin het, gevorderde maniere het om bewustheid oor tienerswangerskap te verhoog.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief