Gr. 10-leerders wat glo medeleerder (16) vermoor, in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Kabelo Chaka (16), ‘n gr. 9-leerling van Hoërskool Nkhobiso, is op 22 Oktober omstreeks 18:30, ongeveer 720 m van die skool af, glo deur medeleerlinge vermoor.

Die departement van onderwys van die Vrystaat sê hulle is bewus van ‘n WhatsApp-stemnota wat sê Chaka is op die skoolperseel vermoor, maar alhoewel die departement hartseer is oor die leerling se afsterwe, is die feite nie korrek nie. Thabo Mohlominyane (18), Tumelo Lethetsa (18), en ‘n seun (17), die verdagtes, is in gr. 10 van dieselfde skool as Chaka. Nadat Chaka glo deur hulle vermoor is, is hulle op 24 Oktober gearresteer en het vier dae later in die hof verskyn, en sal weer op 5 November voorkom. ‘n Gedenkdiens het op 29 Oktober vir Chaka plaasgevind, waarna hy begrawe is.

“Die polisie het bevestig die voorval het nie op die skoolterrein plaasgevind nie en daar is geen bewyse van vorige veroordelings of moorde waarby die beweerde oortreders betrokke is, soos in die stemnota beweer word nie.”

Die polisie ondersoek tans die motief van die voorval.

“Enige dood van veral ‘n jong persoon onder sulke omstandighede is betreurenswaardig, ongeag waar dit gebeur het. Die department veroordeel alle vorme van geweld, insluitend die barbaarse moord op Kabelo Chaka en betuig innige meegevoel met sy familie, mede-leerders en onderwysers. Skoolveiligheid bly die departement se topprioriteit.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief