Gr. 6-leerder sterf in fratsongeluk met skoolvervoer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Gr. 6-leerder van Laerskool Modiselle in Ga-Rankuwa in die noorde van Pretoria het Donderdagmiddag sy lewe na skool in ‘n fratsongeluk met skoolvervoer verloor.

Steve Mabona van die Gauteng-onderwysdepartement sê die tragiese ongeluk het gebeur toe leerders van die skool huis toe vervoer is.

Die oorledene het glo van die bus geval waarna die agterwiele van die bus oor hom gery het.

Die omstandighede van die insident word deur die polisie ondersoek.

Mabona sê die departement se sielkundige ondersteuningspan het die toneel en die familie van die oorledene besoek.

“Indeed, this is terribly saddening news. Scholar Transport is an initiative that forms part of our critical interventions to alleviate pressure from parents. As such, we expect our learners to be safely transported from home to school and back home. We call upon drivers to be extra vigilant of learner’s safety. We wish to convey our deepest condolences to the family and the school community,” sê Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die Gauteng.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief