‘n Gr. 7-seun van Pinegrove Primary in Springs is Woensdag in die skool se badkamers dood verklaar.
Die seun het glo te lank gevat om vanaf die badkamer na sy klaskamer terug te keer, toe die onderwyser ‘n medeleerling gestuur het om te gaan kyk waar hy draai. Die seun het met sy gesig na onder gelê en gesukkel om asem te haal.
Noodhulp is dadelik toegepas, asook is nooddienste en die ouers verwittig. Die seun is om ongeveer 10:58 op die toneel dood verklaar.
Met roetinedeursoeking deur die polisie van die oorledene se skooltas is ‘n nota in sy pennesakkie gevind.
Steve Mabona, woordvoerder vir Gauteng se Onderwysdepartement het aan FiND-iT Nuus gesê die departement dra hul opregte simpatie oor aan die familie en die skoolgemeenskap.
“Die oorsaak van die dood is nie bekend nie en die polisie is steeds besig met die ondersoek.”
Die skool word deur die onderwysdepartement se sielkundiges ondersteun.
FiND iT het navraag by die polisie gedoen.
Bron: Springs Advertiser
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





