Graad 9-leerling sterf ná messteek by skool

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ‘n Gr. 9-seun (16) van die Hoërskool Badirile in Khutsong, Carletonville, het Donderdag by ‘n plaaslike kliniek gesterf ná ‘n messteekvoorval op die skoolterrein.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Dimakatso Nevhuhulwi, is die polsiie na ‘n klagte van ‘n mesaanval by ’n plaaslike skool ontbied. Konflik tussen twee leerlinge, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, het glo gelei tot die 16-jarige se steekwond, waaraan hy beswyk het. ‘n Moordsaak word ondersoek en is deur die polisie in hegtenis geneem.

Steve Mabona, woordvoerder vir die provinsiale onderwysdepartement, sê Matome Chiloane, die LUR, is hartseer oor die tieneseun se tragiese dood. Volgens voorlopige rapportering het ’n konfrontasie die oggend op die skoolterrein uitgebreek. Die beseerde leerling is na ’n mediese fasiliteit vervoer, maar het aan sy beserings beswyk. Die skool doen tans die nodige dissiplinêre ondersoeke teen die vermeende oortreder, terwyl die polisie die omstandighede van die voorval ondersoek.

‘n Sielkundige ondersteuningseenheid is deur die departement na die skool gestuur om leerlinge en onderwysers by te staan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief