Groep wil hê banke wat rand manipuleer moet swaarder gestraf word

Lees ook :

Groep wil hê banke wat rand manipuleer moet swaarder gestraf word
Groep wil hê banke wat rand manipuleer moet swaarder gestraf word fotokrediet: Canva

Lees ook: Altesaam 65 aanhitsers van Julie 2021-onrus van terrorisme aangekla

Die drukgroep Public Interest South Africa wil hê banke en senior uitvoerende bestuurders wat die rand-dollar-wisselkoers manipuleer het, moet swaar gestraf word.

Dit volg na nuus verlede week bekend gemaak is dat 28 banke deur die Mededingingskommissie daarvan beskuldig is dat hulle die rand tussen 2007 en 2013 manipuleer het. Die Mededingingskommissie het gesê die banke het in daardie tydperk elke dag ’n triljoen rand gemaak .

Standard Chartered Bank het sy aandeel in die gekonkel erken en het ’n boete van R42.7 miljoen betaal. Vyf ander banke het ook skuld erken, terwyl die res hof toe is om uit te vind of die Mededingingskommissie hulle kan aankla.

Public Interest SA het gesê hulle wens owerhede wil die banke en bestuurders erger straf om te keer dat nog mense betrokke raak in soortgelyke misdrywe wat die ekonomie beïnvloed. Hulle het gesê hulle wil eintlik hê ’n wet moet gemaak word sodat die bestuurders van die maatskappye wat oortree, ook gestraf word.

Bronne: SABC, EWN, Public Interest SA

Lees ook: Altesaam 65 aanhitsers van Julie 2021-onrus van terrorisme aangekla

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief