Groot frustrasie na Facebook en Instagram van lyn is

Lees ook :

Groot frustrasie na Facebook en Instagram van lyn af is. Foto ter illustrasie: Canva

Sosialemediagebruikers wêreldwyd het Dinsdagmiddag probleme met Facebook en Instagram ondervind.

Gebruikers het onder andere gesukkel om op die platforms aan te meld. Talle gebruikers het glo ’n kennisgewing op hulle skerms gekry van die webblaaie wat te lank neem om te laai.

Probleme is wêreldwyd tussen 15:00 en 17:00 aangemeld.

Meta, wat vir albei platforms verantwoordelik is, se administratiewe blad het om 16:00 ’n foutboodskap vir alle dienste behalwe API Messenger op Instagram, Whatsapp en Facebook se advertensieblad gegee.

Andy Stone, woordvoerder van Meta, het ’n plasing op X gemaak waarin hy noem die diensverskaffer is bewus van die kwessies en dat hulle daaraan werk.

Alle platforms se toegang en funksionaliteit is teen 18:00 herstel. Gebruikers wag gretig om te hoor wat die oorsaak van die probleme was.

Bronne: The Gaurdian, SkyNews

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief