Gru-ongeluk buite Upington eis een lewe

Lees ook :

UPINGTON, NOORD-KAAP. – ’n Man is Woensdagmiddag noodlottig in ’n kop-aan-kop-botsing op die N14 buite Upington beseer. Nooddienste is om 15:30 na die ongelukstoneel, op die Olifantshoek-pad uit, ontbied.

Met hulle aankoms op die toneel het hulle ’n trok en die wrak van ’n wit Toyota Fortuner aangetref. Volgens sers. Omphile Masegela is die bestuurder van die Toyota Fortuner op die toneel dood verklaar.

Beeldmateriaal wat op sosiale media versprei word, wys die trokdrywer se kamera wat die ongeluk afgeneem het. Na bewering het die Fortuner te wyd om ’n draai gegaan en in die regterbaan voor die aankomende trok beland. ’n Formele ondersoek sal egter die amptelike oorsaak van die ongeluk bepaal. Die trokdrywer is lig beseer.

Bronne: Gemsbok, SA Truk King, Kalahari Momentum Digital

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief