Haai-alarms in Plettenbergbaai aangebring

Lees ook :

Foto: NSRI

WES-KAAP. – As deel van die Beach Safety Camera Network Project is ‘n tweede haai-alarm-kamera in Plettenbergbaai geïnstalleer.

Die NSRI sê die projek het sy ontstaan as ‘n eerste van sy soort in 2020 gehad. Dit is spesifiek vir veiligheid op strande en vir seeredding ontwerp.

“Dit beskik oor hooggeplaaste kameras wat strategies geposisioneer is op strande in die Wes-Kaap met ‘n hoë sleurstroomrisiko, wat in staat is om skeurstrome, haaie en moniteringgebiede op te spoor om lewensredders en NSRI-reddingswemmers by te staan.”

Die projek het reeds verskeie toekennings vir lewensredding ingepalm. Plettenbergbaai ondervind ‘n toename in haaie; in 2022 binne enkele maande twee noodlottige voorvalle. Hierdie sisteem, wat kan vergroot en verklein, waarsku strandgangers en lewensredders vooraf indien daar gevaar is.

“Vandag bedryf die NSRI ses strandveiligheidskameras in die Strand, Blouberg, Heroldsbaai, Kleinmond, Plettenbergbaai en Buffelsbaai. Plettenbergbaai is die enigste plek wat met ‘n alarmstelsel toegerus is.”

Die NSRI sê Jason Kampel, ‘n reddingsvrywilliger by Bakoven, van Delve Stystems, het die strandveiligheidskamerastelsel ontwerp en die alarm geïnstalleer.

Jaco Kruger, stasie 14 Plettenbergbaai se bevelvoerder, sê: “Ons streef daarna om hierdie kameras op ten minste drie of selfs hopelik vier hoofstrande te hê.. Soos die tyd aanstap, sal hierdie konsep die waarde van ‘n vroeë waarskuwingstelsel bewys.”

Bron: NSRI Herman Eloff

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief