Hamas dreig om gyselaars in ‘kiste’ terug te stuur oor Israel se klopjagte

Lees ook :

Hamas dreig om gyselaars in ‘kiste’ terug te stuur oor Israel klopjagte
Hamas dreig om gyselaars in ‘kiste’ terug te stuur oor Israel klopjagte fotokrediet: Canva

Lees ook: Betogings en staking in Israel na liggame van gyselaars gevind is

GAZA. – Hamas het gesê hulle gaan die Israeliese gyselaars “in kiste” terugstuur as die Israeliese weermag aangaan met hulle klopjagte.

Volgens die woordvoerder is nuwe instruksies in Junie uitgereik oor wat Hamas-lede te doen staan met die gyselaars as die Israeliese troepe naderkom. Hy het gesê Netanyahu se besluit om gyselaars te bevry met die weermag eerder as om in te stem tot ’n skietstilstand, sal beteken “hulle gaan terug na hulle families toe in kiste”.

Die aankondiging volg dae na die Israeliese weermag ses gyselaars se liggame in Rafah gevind het.

Daar is tans ‘n staking in Israel met duisende wat eis Netanyahu moet ’n skietstilstandooreenkoms met Hamas aangaan om die gyselaars te bevry. Hy het voorheen geweier omdat hy Hamas wil uitroei.

Bronne: The Guardian, Al Jazeera, NBC News

Lees ook: Betogings en staking in Israel na liggame van gyselaars gevind is

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief