Betogings en staking in Israel na liggame van gyselaars gevind is

Lees ook :

Betogings in Israel na liggame van gyselaars gevind is
Betogings in Israel na liggame van gyselaars gevind is fotokrediet: Canva

Lees ook: Ses gyselaars se liggame in Gaza gevind, hulpkonvooi aangeval

ISRAEL. – ‘n Landwye staking dreig tans in Israel terwyl betogers eis dat die eerste minister Benjamin Netanyahu ’n skietstilstandooreenkoms met Hamas aangaan na nog ses gyselaars se liggame gevind is.

Een van Israel se grootste vakbonde, wat 800 000 werkers verteenwoordig, het ’n staking gereël wat banke, die lughawe en gesondheidsorg sal lamlê sodat die regering moet luister.

Die ses gyselaars wie se liggame Sondag gevind is, is in die laaste paar dae doodgeskiet voor die weermag in Rafah aangekom het.

Baie betogers en die gyselaars se families blameer Netanyahu vir hulle dood oor sy weiering in Julie om die skietstilstandooreenkoms te aanvaar.

Netanyahu het volgehou hy gaan aanhou met die oorlog tot Hamas vernietig is.

Bronne: India TV News, Evening Standard, CNN

Lees ook: Ses gyselaars se liggame in Gaza gevind, hulpkonvooi aangeval

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief