GAZA. – Hamas het gesê ses gyselaars sal Saterdag vrygestel word, asook die liggame van vier gyselaars, insluitend die jongste twee, wat reeds Donderdag oorhandig sal word.
Lees ook: Hamas gaan gyselaars die naweek vrylaat
Die liggame wat oorhandig gaan word, sluit drie lede van die Bibas-gesin in – Shiri en haar kinders Kfir en Ariel – wat nege maande en vier jaar oud was toe hulle gevange geneem is. Hamas het beweer Shiri en die kinders is dood in ’n Israeliese aanval, maar Israel het dit nie bevestig nie.
Shiri se man, Yarden, is vroeër die maand vrygelaat.
In ruil vir die gyselaars gaan Israel alle vroue en persone onder 19 jaar oud wat sedert verlede Oktober in hegtenis geneem is, vrylaat, asook toerusting in Gaza toelaat om rommel op te ruim.
Die samesprekings vir die tweede fase van die skietstilstand sal vandeesweek plaasvind.
Bronne: BBC, Euronews, CNN
Lees ook: Hamas gaan gyselaars die naweek vrylaat





